Gereformeerde Kerk Thabazimbi        
          AAN GOD ALLEEN DIE EER EN HEERLIKHEID                          

Herout

13 SEPTEMBER 2026

WELKOM BY VANDAG SE EREDIENS! 

Ds. Nelius van Rooy

Skriflesing:  1 Petrus 2: 1 – 10 (1983-vertaling)
Teks:            1 Petrus 2: 6 – 8
Tema:           Christus: die hoek- en sluitsteen van my lewe en die kerk

Sing:

Ps 107: 1, 3, 10      Ps 19: 4      Ps 31: 3, 5      Ps 84: 1, 6


RONDOM DIE EREDIENS  

KOLLEKTE      

Swartsakkies            

Liefdesdiens en Meelewing

Groensakkies

DieTbz Bejaardesorg Trust

Diensbeurt:

Wyk Bergsig

Diensbeurt volgende Sondag:

Wyk Boschfontein


GEMEENTE AKTIWITEITE 

VANAF KERKRAADSTAFEL:

Predikantshuisbesoek hierdie kwartaal:
Bergsig en Tambotie-Wes

Die Klassis sitting wat verlede week plaasgevind het, het goed afgeloop.  Dankie vir elkeen se voorbidding.

Vanoggend preek  Ds. Nelius van Rooy hier by ons.  Hy is die predikant van Elandskraal gemeente op Mooinooi.  Na die diens sal hy aan die hierdie gemeente rapporteer oor die visitasie wat in Februarie maand plaasgevind het.

KATKISASIE:
Katkisasie opening na die diens.  Almal is welkom.
Senior Katkisasie
Berei voor vir Sondag 20 September Heidelbergse Kategismus Sondag 48 - 52.

BYBELSTUDIE :
Bybelstudie Woensdag oggend om 10:00 te Leeupoort.  Ons behandel 2 Thessalonicense 1.


 MEELEWING 

Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom! Psalm 90 :1 

Ons vra voorbidding vir ons lidmate wat dit moeilik vind om kerk toe te kom of glad nie kan kom nie.

Hartlik geluk aan ons lidmate wat hierdie week verjaar.

Vandag 13 September:
Sr. Babs Nel 86 jaar

Woensdag 16 September:
Sr. Rensia Ehlers 84 jaar

Vrydag 18 September:
Sr. Corrie Beytell 83 jaar
Dℓ. Di-Anke Reinecke

Saterdag 19 September:
Dℓ. Connie Naude
Sr. Magda Roux

n Geseënde nuwe lewensjaar word u toegebid.